24 Uur na Prosedure op die Been

3 April 2013

Ek is gebore met heup bakkies wat te vlak was. Na ‘n besering het ek vir jare erge pyn ondervind en baie van my aktiwiteite was ingeperk. Weens die feit dat ek ‘n baie onafhanklike persoon is was ek altyd baie onseker om die heup te laat vervang.

Die idee om huis en bed gebonde te wees na die operasie was net onaanvaarbaar vir my. ‘n Verdere bydraende faktor is dat ek gesien het met hoeveel ongemak en pyn persone wat die prosedure gehad het tydens die herstel periode en dit het my verder terug gehou. Ek kon nie dink dat ek my familie deur die ongerief moes sit om my te help om te stort of selfs die toilet te gebruik nie. Van persone wat ek ken het selfs depressief geraak weens die lang tyd wat hulle huis/bed gebonde was.

Daar is ook ‘n paar gevalle wat ek van weet dat die prosedure nie suksesvol was nie en dat hulle dit weer moes doen.

My eie ma moes 4 vervangings in twaalf jaar laat doen. Sy het ook na die tyd probleme met haar kniee ondervind asgevolg van die tipe metode wat toegepas is tydens die prosedure.

Dit was regtig ‘n voorsiening om via my GP van Dokter Jan Joubert te hoor. Ek was baie skepties toe aan my verduidelik is hy maak gebruik van ‘n metode wat AMIS genoem word – Ek het voor die dag nog nooit van die metode gehoor nie.

Weens die feit dat ek gesien het hoe my ma se wonde lyk na ‘n heupvervanging het ek ‘n soortgelyk groot wond verwag, maar ek het ‘n klein snit gehad van ongeveer 7cm lank. Die beste voordeel van die prosedure is dat daar minimum bloed verlies is. Dit was vir my baie goeie nuus gewees want as ‘n Jenovah getuie aanvaar ek nie enige bloedoortappings nie.

Pyn en ongemak was minimaal na die prosedure. Skaars 24 uur na die prosedure was ek op die been en mobiel. Ek kon self stort en toilet toe gaan (sonder om die sitplek te verhoog).

Vier dae na die prosedure was ek oppad huis toe. Die ander pasiënte is op die tradisionele manier gedoen en op dag vier kon hulle skaars op staan uit die bed.

Met my tuiskoms kon ek self meeste goed vir myself doen en selfs take in die huis kon ek binne perke verrig.

So ses maande voor die heupvervanging het ek ‘n probleem met my para-tiroied klier ondervind wat veroorsaak dat kalsium nie geabsorbeer word nie en my beenstruktuur verswak het. Tog na ‘n jaar ondervind ek steeds geen probleme met my heup nie. Ek doen al my huiswerk self en stap so vêr as ek wil. Aangesien die stylasie van die protese minimaal is, weet ek dat daar nie rede gaan wees om soos my ma verskeie heupvervangings te kry nie.

Dankie Dr Joubert dat jy my weer mobiel gekry het!

– Hilda Crafford

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.