Kon nie glo dat ek so gou herstel het nie!

Meneer/Mevrou

IS: HEUPVERVANGINGS

Ek het beide heupvervangingsoperasies gehad en wil graag my eerstehandse ondervinding aan elkeen vir wie dit miskien van belang mag wees meedeel.

Eerste heupvervanging in 2004 gehad. Snit 20cm geheg met steke wat na 2 weke verwyder is. Dis was “eina”!! Moes elke 6uur pyn tablette neem. Selfs gedurende die nag ook. Beweging met hulp van fisioterapeut en krukke was maar moeilik veral die eerste paar dae. 5de dag trappe op en af geklim. 6de dag ontslaan en nog vir 6 weke met hulp van krukke geloop. Na 8 weke gemaklik geloop en motor bestuur.

2de heupvervangingsoperasie is op 2/2/09 gedoen.

Snit 10cm met oplosbare steke. Na 12 dae was wond gesond. Baie minder pyn gehad en slegs 2 pyn tablette per dag geneem. 2de dag met behulp van fisioterapeut en krukke uit bed. 3de dag rondgeloop met krukke. Beweging gemakliker en minder pynlik. 4de dag trappe op en af geklim. 5de dag ontslaan. Begin loop sonder krukke na 2 weke. 3de week weer die dokter besoek. Baie tevrede en gee toestemming om weer motor te bestuur.

Almal was baie verbaas en kon nie glo dat ek so gou herstel het nie.

Dank aan ons Hemelse Vader, dokter en verpleegspersoneel

MEV E TERBLANCHE

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.