Aangenaam Verras

GOEIEMIDDAG DR JOUBERT EN DIE RES VAN DIE SPAN

Ek wil begin deur te sê dat ek besonder gelukkig is met my hele heupvervangingproses tot dusvêr. Baie dankie aan elkeen wat gesorg het dat die hele proses vanaf administrasie, hospitalisasie en tot die operasie so glad verloop het. Vanaf die eerste oproep wat ek na Linda in PE gemaak het, het ek besondere behulpsame en vriendelike diens ontvang. Baie dankie Linda vir jou besondere diens asook opvolg oproepe na die operasie.

Ek is ook dankbaar aan Dr Joubert dat u aanvanklik ‘n telefoon konsultasie gedoen het en ook desonder hulpvaardig was en my situasie mooi an my verduidelik het. So het ek toe op 15 Okt by Dr se spreekkamer in Greenacres aangekom en was ek ook warm ontvang. Nadat ek X-trale laat neem het en dit vir Dr gebring het, het u ook besonder deeglik vir my alles mooi derduidelik en ek het presies geweet wat gaan gebeur. Ek het baie rustig en gemaklik gevoel en was daarvandaan nie een oomblik bang of op my senuwees nie.

Ek is ook baie dankbaar aan die Fisio en Narkotiseur wat Saterdag, toe ek in die hospitaal opgeneem is, my kom besoek het en die nodige inligting aan my verduidelik het. As ek reg onthou het ek so iewers tussen 14h00 en 15h00 op die 17de teater toe gegaan en ek het ‘n pilletjie gekry om onder my tong te sit. Al wat ek onthou is die ‘trippie’ na die teater toe en dat ek toe voor die teater gewag het. Daar moes ek aan die slaap geraak het, want ek het nie eers die binnekant van die teater gesien nie. Ook geen naelde gevoel toe my drip en epiduraal gedoen was nie. Die volgende wat ek onthou is was toe ek wakker word en en behalwe dat ek nog baie deur die slaap gevoel het, het ek nie naar of sleg gevoel nie. Inteendeel was ek honger en het ek ‘n goeie eetlus gehad en kon ek my aandete geniet. Die pynpompie het my gehelp om so te sê geen pyn te ervaar nie.

Sondagoggend het ek redelik vars wakker geword en het ek maar net bietjie styf gevoel, en effens nou en dan bietjie pyn gevoel maar dit was maklik beheerbaar met die pynpompie. My fisio het my Sondag gehelp om my eerste treë te gee en my oefeninge te doen. Dit was baie makkliker as wat ek gedink het dit sou wees.

So het Dr my gereeld besoek (nie minder as 2 tot 3 keer per dag nie) en was ek soos ‘n koning behandel in die hospitaal deur die verpleegsters en susters.

Tans sterk ek baie goed by die huis aan en is my wond heeltemal droog en baie mooi skoon. Ek gebruik ook nie meer pynpille nie en loop nou met een kruk. Ek doen nog daagliks my oefeninge en my heup word elke dag sterker.

Ek is werklik aangenaam verras met hoe goed hierdie hele proses afgeloop het soos ek hierbo geskryf het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.