Hi daar.

Hier is my storie. As dit dalk iemand kan hoop gee was alles die moeite werd. Julle het so n groot aandeel in my storie dat ek dit graag met julle ook wil deel.

MY STORIE/MY GETUIENIS

(Hierdie is n lang storie maar al wat ek hoop is dat dit iemand mag inspireer en weer hoop gee.)

WAT IS DIE OOREENKOMS TUSSEN N HISTEREKTOMIE, N KOLONOSKOPIE EN N HEUPVERVANGING?….

N PYN IN JOU LIES!

Ses jaar gelede is ek Dokter toe met n steekpyn in my regter lies. Ek word na n ginekoloog verwys. Sy vind n “KNOP” in my regtersy en beweer dis n sist in my regter eierstok. Ek gaan vir n klein operasie en sy sny n senuwee raak. Sy erken dit later. Vir weke kon ek nie sit nie. Ek gaan terug en vra of sy nie maar n histerektomie kan doen nie want alles is net teveel. Die histerektomie vind plaas drie weke na Liezel, my dogter se troue. Sy het nog steeds nie die “KNOP” gevind nie en opereer. Sy vind geen probleme nie.

Oktober 2020, drie jaar gelede, klim ek en Johan  my seun Tafelberg. Op en af. Die laaste end af, onthou ek, kon ek nie verder nie en het my regterbeen onder my geswik. Johan moes my ondersteuning gee om die laaste end berg af te klim.  Wat ek toe nie besef het nie, dit was toe reeds my heup. Die pyn in my lies het gekom en gegaan.

November 2021 klim ek Kogelberg, 26 kilometer en twee weke later stap ek vyf en twintig kilometer strand langs van Elandsbaai na Lambertsbaai. Daarna kon ek net nooit weer lekker stap nie. Ek gaan sien die dokter weer oor die verskriklike pyn in my lies. Ek word vir n CT Scan gestuur en gaan sien n spesialis wat n kolonoskopie voorstel. Ek vra of hy regtig dink dis nodig en sy antwoord is baie duidelik n bekommerde “ja”. Na die kolonoskopie se die Dokter vir my maar ons kan nie wegkom van die “KNOP” wat op die CT scan opgetel is nie, maar hy kon niks in my kolon vind nie. Ek word gediagnoseer met IBS. Anita as jy reg eet sal jy nie pyn he nie. Simpatie is daar nie baie nie want ek weet presies wat om te doen en as ek dan wil verkeerd eet is dit mos nou maar die gevolg.

Ek ervaar dag en nag, 24/7 pyn. Ek slaap min. Ek veg teen depressie om net te oorleef.  Ek help my kinders, want vir hulle sal ek nooit nee se nie, “Mind over body” vir twee jaar. Voordat ek die jaar Amerika toe is se Koos, my man eendag vir my of ek bewus is van die “KNOP” op my heup. Nee  ek weet nie. Ek is Amerika toe en met die terug kom gaan sien ek die dokter oor die “KNOP” op my heup. Sy se my Bursa is so geswel van inflamasie dat sy glad nie by my heup kan uitkom nie. Ek kry behandeling en moet gaan vir XTRALE. My regterheup het n groot probleem. Die enigste oplossing is n heupvervanging.

Johan  my seun trou die 29ste Julie 2023. Ek kontak die dokter en vra of sy nie asb vir my kan help dat ek net ten minste n pynlose naweek het wanneer Johan hulle trou nie. Sy se ek moet die Vrydag kom vir n inspuiting en pynpille. Die pyn was so erg dat ek nie eers gevoel het dat ek n inspuiting gehad het nie. Maar my besluit staan vas dat ek nie gaan toelaat dat pyn my so gaan oorweldig dat my kinders daaronder lei nie.

Maandag 31 Julie 2023 gaan sien ek die spesialis,  Dokter Jan Joubert. Verseker weet ek vandag dat Abba Vader in die fynste besonderhede dinge vir ons doen en reel. Soos iemand sou se, moenie ophou bid omdat jy dink God luister nie. Hy is op die agtergrond besig om die dinge vir jou te reel.

Dr Jan Joubert het nie lank geneem om te weet n heupvervanging is die antwoord nie. Ek loop reeds been op been was sy diagnose. Met die uitstap se hy vir my dat hy net vir my wil se dat ek n baie hoe pyndrempel het. Wel ekt nie toe besef wat hy se nie maar na die operasie en die min pyn wat ek van dag een af ervaar het, het ek verstaan. Die pynbeheer wat toegepas was, was finominaal. Koos, my man wou vir my n kierie kry. My antwoord was baie duidelik dat ek het berge geklim en ek kan tot dertig kilometer per dag gestap het, en hy dink voorwaar ek sal sy aanbod aanvaar. Dankie maar nee dankie.

23 Augustus 2023 is my operasie datum. Ek sit daar stom, emosioneel en in skok en begin net huil. Is woordeloos. Na n oomblik van stilte kyk ek die dokter in sy oe en se: “Dokter ek het nie medies nie en ek het ook nie die geld nie, MAAR ek het die geloof, kry asb vir my n kwotasie”

Ek stap daar uit en met die besef dat ek nie vir n brood vra nie, begin ek Abba ten volle vertrou en begin ek bid. Ek bid Woord, ek eis Sy beloftes. Hy se in Sy Woord ons moet vra en vertrou. Ons is Sy erfgename… en so kan ons aangaan. Ek vra niemand geld nie ek leen nie geld nie, al wat ek weet is net God kan my help.

Volgens ons menslike denke is die staatshospitaal my enigste antwoord. Nou in my geloofspad tot nou toe weet ek dat as ek nie gemoedsrus het oor iets nie, dit nie van die Here is nie. Ek staan op sy Woord en se vir die Here maar as ek n erfgenaam is hoekom moek ek met die minste tevrede wees. Hoekom is ons Koningskinders, en dan is ons maar altyd met die “krummels” tevrede.

N vriendin vra my waarvoor ons bid? My antwoord is: of die geld of vrede in my hart om staatshospitaal toe te gaan.

Ons ken iemand in n staatshospitaal wat dalk die jare se waglys bietjie korter kan maak en ek dink net by myself, dit is mos nie regverdig om my in te kry voor ander mense wat waarskynlik ook al jare bid vir n plek nie.

Wel, ek loop tog die roete ek bel my dokter om my geval by die staatshospitaal te lys. Ek lees die rapport en ek is op die lys gesit as ” not urgent”. Ja dit is waar, al wat ek het is pyn! My lewe is nie in gevaar soos bv iemand met asemnood of hartprobleme nie.  Ek besef net ek sien nie kans om nog moontlik jare so te leef nie. Ek kom al ses jaar so aan ek kan nie meer nie. Ek het geen lewenskwaliteit meer nie en tyd staan nie stil nie.

Al hierdie dinge dryf my om met alles in my, Abba te vertrou vir die nodige fondse. Ek besef hierdie is n GROTE. My Vader het al twee voertuie by my deur, gratis afgelewer en my ook die geleendheid gegee om een te kon saai. Om nie eers te praat van al die kleiner dingetjies waarvoor ek Hom al vertrou het en Hy dit voorsien het nie.

Wel waarvoor ek nou vra is n baie groter uitdaging as ooit tevore.

Ek voel steeds baie sterk daaroor dat ek ABBA gaan vertrou met alles wat ek het. Ek is n vegter en gaan nie opgee nie.

Die Dinsdag voor die operasie kry ek n oproep van Dr Joubert se kamers af. Ek antwoord nie, want wat moet ek se? Niks het nog verander nie. Die Woensdag kry ek weer n oproep en besef dat ek dit seker nie elke dag kan ignoreer nie, en ek antwoord.

Die dametjie wil net hoor of die operase voort gaan want ek moet gaan vir bloedtoetse. Ek het nie n antwoord nie maar weet ook dat al stel ons die operasie tien keer uit ek gaan nie opgee nie. Ek vra haar wat die laaste dag vir antwoord is en sy se Vrydag. Ek sal Vrydag bevestig is my antwoord. Daardie spesifieke Woensdag bly ek in my binnekamer en bid sonder ophou. Loof en Prys die Here dat ek die wete het dat Hy vir my sal deurkom.

Woensdagaand kry ek n oproep. Iemand vra my bankrekening om die geld in te betaal. Wel nodeloos om te se die Donderdag het ek heeldag gehuil van dankbaarheid en blydskap. Daar is steeds n tikkie onsekerheid omdat die kwotasie maar geskatte waardes is en niemand kan voorspel wat skeef kan loop nie. Ek noem vir die persoon dat dit geskatte waardes is. Die antwoord is gaan voort, ons worry later.

Vrydag kon ek bevestig dat die operasie voortgaan. Abba voorsien die fondse en die beste spesialis. Wat ek wel weet is dat hy een van drie dokters in die wereld is wat hierdie spesifieke, gevorderde operasie doen. Mense kom so ver soos Amerika, Kenia en Mauritius na hom toe.

Ek sit met n sewe sentimeter snytjie op die bokant van my been. Geen spier is afgesny nie.  Die pynbeheer wat tydens en na my operasie toegepas was, was fenominaal. Die pyn wat ek vir ses jaar in my lies gehad het was dadelik weg. Ek kom 13H00 uit die teater en drie ure later kom die fisioterapeut. “Kom, jy is n Jong vrou, kom dat ons stap.” Ek se jip ek laat my nie ken nie. Ek vat my krukke en ek stap. Ek hoor hoe sy vir die suster se: “Die vrou stap nie eers met n loopraam nie sy begin sommer met krukke.”  Ek lees in haar oefenprogram. ” Weet net jy is nie siek nie jy het net n heupvervanging gehad!”

Ek is Woensdag geopereer en is Vrydag ontslaan. Ekt n tweede kans op lewe gekry.

Die raport wat saam met die XTRALE gekom het, het gese dat my heup al ge”remodel” het om homself te probeer herstel. Die “KNOP” wat almal opgetel het. Volgens dokter Joubert het die CT Scan van twee jaar gelede al my heup uitgewys. Dis nooit hanteer nie. Ek het nie geweet nie. Om een of ander rede is dit mis gelees. Dr Joubert noem aan my dat baie mense nie besef n heup probleem, pyn in die lies, nie op die heup nie.

15 September 2023

Het vandag opvolg besoek by Dr Joubert gehad. Hy is baie tevrede. Hy het vir ons baie mooi in “detail” gewys wat hy gedoen het. Genoem dat dit vir my mag voel of my een been korter is as die ander. Maar die rede is omdat my heup al so uitgesluit was en my been al eintlik korter was. Ek was net al gewoond aan die korter been. Nou is die heup reg. Dit sal regkom. Gese dat mense lank voordat die punt wat my heup bereik het, al heupvervangings kry. Ekt hom n paar vrae gevra. Wat ek nooit weer mag doen nie. Ek mag nooit draf nie verder kan ek enige oefeninge doen, ek kan stap sover ek wil en ek kan berge klim. Ek mag squats doen, ek mag op n mat sit. Hy het my bedank en vir my gese hyt lanklaas iemand gehad wat so positief was. Ekt n kaart gekry wat ek moet wys op die lughawens, want verseker gaan my nuwe heup bleep. Ek moet weer op drie maande na hom toe gaan en Xtrale neem en dan n jaar na my heupvervanging. Toe ek hom vra hoe lank my heup gaan hou was sy antwoord: “n Leeftyd”

Waaroor ek baie dankbaar is, is dat hy gekyk het en my linkerheup lyk goed. So hyt darem nie in die proses skade gekry nie.

Die herstel tyd neem maar lank. Baie mense se ses maande moet jy jouself tyd gee om ten volle te herstel. Koos was die blyste om die sokkies teen bloedklonte, die laaste keer uit te trek. Ek moes dit vir drie weke dra.  My luitenant het mooi na my gekyk. Kan in die bedopmaak sien hy was in die weermag. My stappie en oefeninge elke dag was n seening en wete dat ek oppad is na my genesing.

Ek is die dankbaarste mens op aarde.🙌 Hoe se ek dankie vir almal wat my gehelp het en vir my gebid het. Wat ek wel kan doen is om ook te bid dat Abba julle honderdvoudig mag seen met seeninge ver bo verwagting.

Hierdie is n lang getuienis maar wat ek weet is die wereld gaan dit hoor. Ons Vader in die hemel se genade is vir ons genoeg…..

EN HEIDI IS OPPAD BERGE TOE!!!

Vir wat dit werd is.

Liefde

Anita

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.